Jy kan donker kolle kry as gevolg van ligte, matige en ernstige aknee, hoewel dit relatief skaars is met ligte aknee. Baie van hierdie donker kolle kan tuis behandel word met eenvoudige huishoudelike produkte. In ernstige gevalle kan dit nodig wees om advies van `n dermatoloog te soek om `n meer intensiewe behandeling te vind. Dink daaraan om `n paar middels by die huis te probeer en dan `n dokter te sien as jy nie die kolle kan laat verdwyn nie.
Trappe
Metode 1 van 2: Behandeling van donker kolle by die huis
1.
Dien suurlemoensap op die vlekke toe. Suurlemoensap kan as `n natuurlike middel gebruik word om die vel ligter te maak. Sit `n bietjie vars uitgedrukte suurlemoensap op `n wattebal of watte depper en smeer die sap op jou donker kolle.
- Laat die sap vir ongeveer tien minute droog word. Moenie die sap wegspoel nie maar smeer `n bevogtigende olie op die kolle aan. Jy kan amandelolie, kasterolie, jojoba-olie en arganolie gebruik.
- Doen dit elke aand.
- Moenie jou vel aan die son blootstel nie en moenie onder ’n looiery gaan wanneer jy suurlemoensap op jou vel het nie. Dit kan die donker kolle nog erger maak.
- As jou vel baie sensitief is en byvoorbeeld vinnig droog en geïrriteerd raak, meng die suurlemoensap met `n gelyke hoeveelheid bevogtigende olie voor jy dit op jou vel aanwend.
- Jy kan ook lemmetjiesap en appelasyn gebruik.

2. Smeer `n mengsel van jogurt en heuning op die vlekke. Heuning en jogurt het albei eienskappe wat kan help om donker kolle te verlig. Meng twee teelepels gewone jogurt met 1 teelepel heuning. Dit is die beste om plaaslike, rou heuning te gebruik, maar dit is nie verpligtend nie.
Wend die mengsel op die vlekke aan met `n watte depper of katoenbal, of gebruik dit as `n gesigmasker. Laat dit vir 15-20 minute op jou vel, spoel dan jou vel met warm water en klop droog.Dien `n bevogtiger toe na die behandeling.3. Dien `n mengsel met vitamien C op die donker kolle toe. ’n Serum met vitamien C kan die vel help om te genees. Maak `n 250mg vitamien C-tablet fyn en meng die poeier met `n eetlepel amandelolie, kasterolie, jojoba-olie of arganolie. Wend die mengsel op die kolle aan met `n watte depper of katoenbal, of gebruik dit as `n gesigmasker.
Laat die mengsel vir 15-20 minute sit. Spoel dit af met warm water en klop jou vel droog.Dien `n bevogtiger toe na die behandeling.4. Dien aspirien toe op die donker kolle. Kneus twee tablette van 325 mg aspirien. Meng die fyngemaakte tablette met ongeveer twee eetlepels heuning. Voeg genoeg water by om `n gladde pasta te maak en wend die pasta aan die donker kolle met `n watte depper of bal. Laat die mengsel vir 15-20 minute sit, spoel jou vel uit met warm water en klop droog. Moenie vergeet om `n bevogtiger daarna op jou vel aan te wend nie.
5. Gebruik komkommer om die kolle ligter te maak. Komkommer se saamtrekkende eienskappe kan help om donker kolle te verlig. Sny `n komkommer in dun skywe en plaas dit op die donker kolle. Laat die komkommerskywe op die donker kolle vir 15-20 minute. As die tyd verby is, spoel jou vel met warm water, klop dit droog en smeer `n bevogtiger aan.
Jy kan ook aartappelskywe in plaas van komkommerskywe gebruik.Nog `n metode is om die donker kolle saggies met `n skyfie komkommer of aartappel te vryf. Maak sagte sirkelbewegings. Herhaal met ten minste vier of vyf komkommer- of aartappelskywe. As jy klaar is, spoel jou vel met warm water en smeer ’n bevogtiger aan.6. Dien vitamien E toe op die donker kolle. Sny die bokant van `n kapsule wat ongeveer 40 IE vitamien E bevat. Wend die produk aan die donker kolle met jou vingerpunt, ’n wattebal of ’n watte depper. Laat die vitamien E oornag op jou vel sit.
Jy hoef nie `n bevogtigende middel na die behandeling toe te dien nie, want vitamien E het `n bevogtigende effek.Metode 2 van 2: Soek raad by `n dokter

1.
Praat met jou dokter. Sien jou dokter om te sien of hy of sy jou na `n dermatoloog kan verwys om te help met jou donker kolle. Kyk watter oor-die-toonbank en voorskrifmedisyne jou dokter aanbeveel. Daar is `n aantal oor-die-toonbank en voorskrifmiddels wat jou dokter kan aanbeveel, insluitend:
- Azelaïensuur—`n natuurlike suur afkomstig van korrels wat gebruik word om donker kolle te verlig of te vervaag.
- Vitamien C-room—bevorder die genesingsproses en die produksie van kollageen, `n proteïen wat die vel meer elasties maak.
- Room met tretinoïen (slegs voorskrif). Retinoïede soos tretinoïen kan jou vel baie sensitief maak vir die son, so maak seker dat jy jou dermatoloog se instruksies volg.
- Room met kortikosteroïede (slegs voorskrif). Hierdie room verminder inflammasie, wat die donker kolle moet vervaag.
- Glikolsuurskil—so `n middel verwyder die boonste lae van die vel om donker kolle minder sigbaar te maak.
- Ander aktuele middels sluit in kojiensuur (afgelei van `n swam), arbutien (afgelei van die beerbessieplant), dropwortelekstrak (afgelei van die dropplant), niasienamied (`n vorm van niasien) en N-asetielglukosamien (`n aanvulling).
DESKUNDIGE WENK
Kimberly Tan
Kimberly Tan, estetikus en akneespesialis vir volwassenes, is stigter en uitvoerende hoof van Skin Salvation, `n akneekliniek in San Francisco. Sy is al meer as 15 jaar `n gelisensieerde skoonheidskundige en is `n kenner in algemene, holistiese en mediese velsorgbehandelings. By die Face Reality Acne Clinic het sy direk onder Laura Cooksey gewerk. Sy het ook by dr. James E. Fulton, pionier in aknee-navorsing en mede-skepper van Retin-A, `n middel teen rimpels. Haar kliniek kombineer velbehandelings met goed funksionerende produkte en opvoeding op die gebied van holistiese medisyne en volhoubaarheid.
Kimberly Tan
Skoonheidskundige en spesialis in volwasse aknee
Het jy geweet? Daar is baie verskillende tipes littekens, en die beste behandeling sal afhang van watter tipe jy het. Daar is gestruktureerde littekens, wat gewoonlik permanent is en dalk vereis dat jy `n dermatoloog moet sien. Daar is ook pigment littekens, wat op die lange duur vanself kan verdwyn.
2. Sien `n dermatoloog. Besluit of jy meer intensiewe behandelings wil ondergaan. ’n Dermatoloog kan ook vir jou sê watter tipe donker kolle jy het.
Daar is `n toestand genaamd post-inflammatoriese hiperpigmentasie. Nadat jy aknee gehad het, oorreageer jou vel en produseer te veel velpigment, wat jou donker kolle gee. Dit kan jou donker kolle beskryf. Enigeen kan post-inflammatoriese hiperpigmentasie ervaar, maar die toestand is meer algemeen by mense met donkerder vel.3. Dink aan die moontlike behandelings wat `n dermatoloog kan uitvoer. Besluit of jy `n behandeling wil hê wat deur jou dermatoloog voorgestel word. ’n Dermatoloog kan ’n verskeidenheid gespesialiseerde behandelings uitvoer soos laserbehandelings, geringe veloperasies, chemiese afskilfering en die gebruik van vullers om die vel styf te maak. Hierdie behandelings kan gewoonlik by die dermatoloog se praktyk uitgevoer word.
Wenke
- Gaan met omsigtigheid voort, watter metode jy ook al kies. Die donker kolle word deur velirritasie veroorsaak en hard vryf kan die kolle nog donkerder maak.
Artikels oor die onderwerp "Raak ontslae van donker kolle wat deur aknee veroorsaak word"