Maaskaas maak

Hüttenkäse—ook genoem maaskaas—is heerlik as `n ligte ontbyt, of as `n middagete met vrugte of `n slaai. Dit is maklik om jouself tuis te maak, so jy hoef glad nie winkel toe te gaan nie. Leer hoe om maaskaas te maak met stremsel, asyn of suurlemoensap.

Bestanddele

Met Rennet

  • 1 liter volmelk
  • 4 druppels vloeibare stremsel
  • 1/2 teelepel sout
  • 6 eetlepels (geklopte) room

Met asyn

  • 4 liter gepasteuriseerde afgeroomde melk
  • 3/4 koppie asyn
  • 1/2 teelepel sout
  • 1/2 koppie (geklopte) room

Met suurlemoensap

  • 1 liter volmelk
  • 1/2 sitroensuur of suurlemoensap
  • 1/2 teelepel sout
  • 6 6 eetlepels (geklopte) room

Trappe

Metode 1 van 3: Met stremsel

Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 1
1. Verhit die melk. Gooi die melk in `n klein kastrol en plaas oor matige hitte. Verhit die melk stadig, tot 29º Celsius. Gebruik `n lekkergoedtermometer om die temperatuur te monitor. Skakel die hitte af wanneer die melk warm genoeg is.
2. Voeg die stremsel by. Gooi die druppels stremsel direk in die melk. Gebruik `n lepel om die mengsel vir sowat twee minute te roer.
3. Laat die mengsel `n rukkie staan. Bedek die kastrol met ’n skoon afdroogdoek en laat die stremsel en melk vir sowat vier uur ongestoord staan. Die stremsel sal met die melk reageer en dit in kaas verander.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 4
4. Sny die mengsel. Verwyder die teedoek en gebruik om die mengsel in stukke te sny, en breek die wrongel af. Sny een rigting verskeie kere, sny dan die teenoorgestelde rigting.
5. Kook die mengsel. Voeg die sout by die pan. Plaas die pan op medium hitte. Roer die mengsel terwyl dit warm word om die wrongel van die wei te skei. Stop sodra die wrongel los is en die wei effens gelerig lyk. Moenie die mengsel te lank kook nie, anders word die wrongel hard.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 6
6. Laat die wrongel dreineer. Plaas `n kaasdoek of fyn sif oor `n bak. Dreineer die wrongel en wei in die kaasdoek sodat die wei uit die wrongel kan lek. Hou die wrongel in die kaasdoek oor die bak en bedek losweg met kleefplastiek. Plaas die wrongel in die yskas sodat die wei nog `n paar uur uit die wrongel kan lek. Roer dit elke nou en dan om hierdie proses te bespoedig.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 7
7. Sit die maaskaas voor. Plaas die wrongel in `n skoon bak en voeg die (geklopte) room by. Voeg nog sout na smaak by.

Metode 2 van 3: Met asyn

1. Verhit die melk. Gooi die melk in `n kastrol en sit dit op die gas. Doen dit op medium hitte en verhit die melk tot 49º Celsius. Gebruik `n lekkergoedtermometer om die temperatuur te monitor. Skakel die gas af wanneer die melk voldoende verhit is.
2. Voeg die asyn by. Gooi die asyn in die kastrol en roer die mengsel vir twee minute. Bedek die pan met `n teedoek en laat die mengsel sowat dertig minute rus.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 10
3. Dreineer die wrongel sodat die wei kan wegvloei. Gooi die mengsel in `n vergiettes bedek met kaasdoek of `n dun teedoek. Laat die wei vir sowat vyf minute dreineer.
4. Spoel die wrongel af. Gryp die punte van die lap vas en hou die wrongel onder lopende koue water. Druk die wrongel uit en roer dit `n bietjie totdat dit heeltemal afgespoel en afgekoel is.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 12
5. Maak die maaskaas klaar. Gooi die wrongel in `n bak. Voeg die sout en die (geklopte) room by. Hou die kaas in die yskas, of bedien dit dadelik.

Metode 3 van 3: Met suurlemoensap

1. Verhit die melk. Plaas die melk in `n kastrol en verhit dit totdat die melk begin stoom. Moet net nie die melk op die te smeer nie. Verwyder die pan van die hitte.
2. Voeg die suurlemoensap by. Gooi die suurlemoensap in die warm melk en roer dit stadig vir `n paar minute.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 15
3. Laat die mengsel rus. Bedek die kastrol met `n teedoek en laat die wrongel vir `n uur van die wei skei.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 16
4. Dreineer die wrongel en wei. Plaas `n kaasdoek oor `n bak en gooi die wrongel en wei in. Laat die wrongel vir sowat vyf minute dreineer.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 17
5. Spoel die wrongel af. Gryp die punte van die kaasdoek en hou dit onder lopende koue water om die wrongel af te spoel. Doen dit totdat hulle heeltemal afgekoel het, en druk die lap om die wrongel so goed as moontlik te droog.
Prent getiteld Maak Maaskaas Stap 18
6. Maak die maaskaas klaar. Sit die wrongel in `n bak, en voeg die sout en die (geklopte) room by.

Wenke

  • Gebruik `n mes om die wrongel in klein stukkies te sny; of hou hulle groot.

Benodigdhede

  • `n kastrol
  • `n Klitser of `n lepel
  • `n termometer
  • `n Maatbeker
  • `n Kaasdoek

Artikels oor die onderwerp "Maaskaas maak"
Оцените, пожалуйста статью