Ontslae te raak van diarree

Diarree is nie `n siekte nie: dit is `n simptoom van `n ander gesondheidsprobleem, soos `n infeksie of virus. Dit kan ook `n reaksie wees op `n voedselallergie, of op medikasie, parasiete of bakterieë in voedsel of water. In die meeste gevalle sal diarree binne `n paar dae vanself verdwyn. Aangesien dit jou liggaam se manier is om gifstowwe uit jou stelsel te spoel, is dit gewoonlik die beste om dit sy gang te laat loop.

Trappe

Prent getiteld Genees diarree Stap 1
1. Beheer diarree deur jou dieet.
  • Hou by helder, kafeïenvrye vloeistowwe, beskuitjies en jogurt met probiotika gedurende die eerste 24 uur van die diarree, wanneer dit op sy mees aktiewe stadium is.
  • Voeg droë roosterbrood, gekookte aartappels, rys, pasta, eiers, gekookte graankos en piesangs by jou dieet soos die frekwensie en hoeveelheid diarree afneem. Gaan voort om baie helder vloeistowwe te drink.
  • Begin weer vis, hoender en appelmoes eet, benewens die kosse hierbo, sodra jou stoelgang na hul normale vorm en konsekwentheid terugkeer.
  • Hervat jou normale dieet 24 uur nadat die diarree opgehou het.
Prent getiteld Genees diarree Stap 2
2. Gebruik `n oor-die-toonbank antidiarree medikasie indien nodig. Kies een wat loperamied bevat. Volg die gebruiksaanwysings uit die voubiljet vir dosis.
Prent getiteld Genees diarree Stap 3
3. Bly gehidreer en kry genoeg soute en suikers in deur baie water, vars groentesap en helder sous te drink. Diarree kan jou elektrolietbalans versteur.
Prent getiteld Genees diarree Stap 4
4. Kry ekstra slaap om jou liggaam te help om gesond te word. Aangesien diarree `n simptoom is, is dit `n goeie aanduiding dat jou liggaam `n probleem beveg. Dit vereis dat jou liggaam al die nodige hulpbronne gebruik.

Wenke

  • Sommige dieetaanvullings kan die simptome van diarree verminder of voorkom. Hierdie aanvullings sluit in probiotika, glutamien en sink. Praat met jou dokter voordat jy aanvullings neem.
  • Kruiemiddels kan ook nuttig wees om diarree te behandel. Maar as die diarree deur sekere soorte infeksies veroorsaak word, kan kruiemiddels dit ook vererger. Jy moet nie kruiemiddels begin sonder om met jou dokter te praat nie. Kruiemiddels wat kan help met diarree sluit in swartbessie- of framboosblaar, johannesbroodpoeier, bosbessie-ekstrak en kanola.

Waarskuwings

  • Sien jou dokter as daar bloed in jou diarree is, as jou liggaam gedehidreer word, of as die diarree langer as 3 tot 5 dae duur.
  • Bel die dokter as `n baba of jong kind diarree het of tekens van dehidrasie vir meer as 24 uur toon.
  • Die volgende kosse en drankies maak diarree erger en moet vermy word: sjokolade, room, sitrusvrugte en sap, koffie, rooivleis, rou vrugte en groente, gekruide kos en alkohol.

Оцените, пожалуйста статью