Kook adobong manok

Adobong manok, of Chicken Abodo, is `n gereg uit die Filippynse kombuis. Hierdie heerlike en aromatiese gereg uit die Filippyne word al geslagte lank gemaak. Dit kan bo-op rys bedien word, saam met aartappels, of op sy eie.

Bestanddele

  • 1 heel hoender, in vuisgrootte stukke gesny
  • 1/4 koppie sojasous
  • 1 koppie asyn
  • 1 teelepel suiker
  • `n Knippie sout en peper
  • 3 lourierblare
  • 1 koppie water
  • 1 middelslag ui, in skywe gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk of in skywe gesny
  • Olie vir braai
  • Sout en peper na smaak

Trappe

Metode 1 van 2: Kook op die stoof

Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 1
1. Braai die knoffel en ui in olie op `n medium vlam. Voeg eers die knoffel by en braai tot `n ligbruin kleur. Voeg dan die gesnyde uie by en braai tot hulle deurskynend is.
  • Wees versigtig dat die knoffel en ui nie aanbrand nie. Gebruik `n houtlepel of spatel om die bestanddele te skep.
Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 2
2. Voeg die hoender by en roer. Jy hoef nie `n hele hoender te gebruik nie. Jy kan ook eerder net daardie dele van die hoender gebruik waarvan jy die beste hou.
Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 3
3. Voeg die sojasous, asyn, peper, sout, suiker, water en lourierblare by. Roer en gooi alles saam.
Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 4
4. Bring die hoender tot kookpunt. Sodra dit begin kook moet jy die hitte verlaag.
  • Voeg nog water by die mengsel as jy dink die gereg sal anders te droog wees.
  • Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 5
    5. Laat die hoender vir 20 tot 30 minute prut. Bedek die pan en laat die hoender prut totdat die vleis sag is en amper uitmekaar val.
  • Skep die sous oor die hoender nadat 15 minute verby is. Laat dit die res van die tyd prut.
  • As jy van droë hoender hou moet jy dit bietjie langer laat prut.
  • Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 6
    6. Bedien en geniet. Jy kan die adobon manok bo-op rys bedien, saam met aartappels of saam met brood. En kombineer dit met `n verfrissende glas koue koeldrank of vars vrugtesap.

    Metode 2 van 2: Marineer die hoender

    Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 7
    1. Plaas die hoender in `n bak, houer of pan. Jy gaan die bak, houer of pan in die yskas plaas so jy moet seker maak dat dit waarin jy die hoender plaas groot genoeg is vir al die hoender, en klein genoeg is om in jou yskas te pas.
    • Vir gerief, sit die hoender in `n pan. Jy kan dan die pan gebruik om later te kook.
    Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 8
    2. Sit die sojasous, asyn, suiker, knoffel, ui, peper, sout en salieblare in die pan. Sit dan `n deksel op die pan en skud die hoender totdat alles heeltemal bedek is met sous.
    Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 9
    3. Bedek die skottel en plaas in die yskas. Laat dit oornag marineer vir die beste resultate.
  • As jy die adobo op dieselfde dag wil maak en eet, kan jy eerder jou hoender vir 2 tot 3 uur laat marineer. Jy sal egter altyd die beste resultate en die meeste geur kry as jy die hoender oornag laat marineer.
  • Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 10
    4. Kook die gemarineerde hoender op die stoof. Plaas die hoender in `n pan, of as dit reeds in `n geskikte pan was, plaas die hoender op die stoof en kook oor `n medium vlam. voeg water by.
    Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 11
    5. Bring die hoender tot kookpunt. Sodra alles begin kook moet jy die hitte onder die pan verlaag.
  • Voeg nog water by die mengsel as jy dink die gereg sal anders te droog wees.
  • Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 12
    6. Laat die hoender vir 20 tot 30 minute prut. Bedek die pan en laat die hoender prut totdat die vleis sag is en amper uitmekaar val.
  • Skep die sous ná 15 minute oor die hoender. Prut die res van die tyd.
  • As jy van droë hoender hou moet jy dit bietjie langer laat prut.
  • Prent getiteld Cook Adobong Manok Stap 13
    7. Bedien en geniet. Jy kan die adobon manok bo-op rys bedien, saam met aartappels of saam met brood. En kombineer dit met `n verfrissende glas koue koeldrank of vars vrugtesap.

    Wenke

    • Voeg ander speserye by die abodo om variasies op die smaak te skep.

    Artikels oor die onderwerp "Kook adobong manok"
    Оцените, пожалуйста статью