Koolslaai maak

’n Vinnige en maklike resep vir koolslaai (coleslaw) wat jy nie dae vooruit hoef te maak nie.

Bestanddele

  • 1 witkool
  • 1 wortel
  • 1 groen soetrissie
  • 1 klein ui
  • 1 klein skeut warm sous (opsioneel)
  • 240 ml suurroom
  • 120 ml mayonnaise
  • 2 eetlepels asyn
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 teelepels selderysaad
  • Sout en peper na smaak

Trappe

1. Rasper die kool en wortel, of sny dit baie fyn.
2. Kap die ui en sny die groen soetrissie baie fyn.
3. Sit die wortel, kool, soetrissie en ui saam in `n groot bak.
4. Gooi die res van die bestanddele in `n ander bak. Meng goed.
5. Gooi die slaaisousmengsel oor die koolslaai en plaas in die yskas of bedien dadelik.
6. Klaar.

Wenke

  • Voeg `n bietjie lemmetjiesap en -skil by vir `n happie, of probeer `n warm sous of rooi soetrissie vir `n bietjie pikantheid.
  • Die koolslaai bly goed vir ongeveer `n week. Dit word net beter!
  • Hou dit bedek in die yskas.
  • Laat dit vir ten minste 2 uur in die yskas voor opdiening, dis die beste.

Waarskuwings

  • Hou die bestanddele in die yskas totdat jy dit gebruik.
  • Soos altyd: pasop vir rasper en sny!

Оцените, пожалуйста статью