Maak taai sjokoladekoekies

Sjokoladekoekies is baie lekker peuselhappies of selfs nageregte. As jy effens kouer koekies as krakeriges verkies, is hierdie resep perfek vir jou. Hulle is `n bietjie kouer omdat hulle bruinsuiker bevat, wat help om die voginhoud te verhoog. Dit verseker dat die koekies `n bietjie taaier word. Met hierdie resep kan jy sowat 20 mediumgrootte koekies bak.

Bestanddele

  • 1 koppie wit suiker
  • 1/3 koppie bruinsuiker
  • 1/2 teelepel sout
  • 2 eiers
  • 1 koppie botter (kamertemperatuur)
  • 2 1/4 koppie meel (vlak)
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel vanielje
  • 2 eetlepels botter
  • Tot 2 koppies sjokoladestukke (indien klein, minder as stukke groter is)

Trappe

1. Voorverhit die oond tot 180ºC.
  • Prent getiteld Chocchipcookieschewy2
    2. Voeg die vanielje, suiker, bruinsuiker, eiers en botter by. Gebruik growwer suiker vir dikker, kouer koekies. Wanneer die suiker opgelos is, dien dit as `n versagmiddel wat met die deegstruktuur meng. Dit verhoog die absorpsie op dieselfde manier as koeksoda, want fyner suiker los makliker op as growwe suiker. As jy dus wil hê jou koekies moet dik en taai bly, gebruik growwe suiker (gebruik fyn suiker vir die teenoorgestelde resultaat). As jy besluit om versiersuiker te gebruik vir ekstra krakerigheid, maak seker dit bevat nie mieliestysel nie, want dit sal onverwagte resultate gee.
  • Prent getiteld Chocchipcookieschewy3
    3. Meng hierdie bestanddele tot `n romerige pap.
  • Prent getiteld Chocchipcookiechewy4
    4. Voeg meel, sout en koeksoda by.
  • Prent getiteld Chocchipchewycookie5
    5. Meng tot heeltemal ingewerk en voeg melk by om goed gemeng en gladde deeg te kry. Nadat die bestanddele gemeng is, voeg die sjokoladestukke by.
  • 6. Dien kleefwerende kossproei op die bakplaat toe om te keer dat die koekies vassit. Jy kan ook bakpapier as alternatief gebruik.
  • Prent getiteld Chocchipcookiechewy7
    7. Rol `n klein balletjie vir elke koekie.
  • Prent getiteld Chocchipcookieschewy8
    8. Plaas die koekieballetjies op die bakplaat.
  • Prent getiteld Chocchipchewycookies9
    9. Druk elke koekie plat met `n vurk. Dit laat `n duidelike tekstuur en maak elke koekie mooi in plat vorm.
  • Prent getiteld Chocchipcookiesgointheoven10
    10. Sit die koekies in die oond vir sowat 8 tot 10 minute. Nie te lank nie, want hulle sal vir `n rukkie aanhou bak nadat jy hulle uit die oond gehaal het.
  • Prent getiteld Chocchipcookieschewy11
    11. Verwyder die koekies om vir sowat 15 minute op `n afkoelrak af te koel. Pasop om jou nie aan die gesmelte sjokolade te verbrand nie – gebruik ’n spatel. Die koekies is gereed om te eet wanneer die sjokolade gestol het.
    12. Bêre dit in `n vakuumboks, of eet die koekies dadelik nadat dit afgekoel het.
  • Wenke

    • Jy kan ekstra sjokoladestukke byvoeg as jy wil, en self verskillende soorte sjokolade meng om jou koekies nog lekkerder te maak.
    • Jy kan melk of donkersjokolade gebruik, wat jy ook al verkies.
    • As jy nie van sjokolade hou nie, gebruik korente of rosyne, amandels of brame. Wees kreatief!

    Waarskuwings

    • Wees versigtig wanneer jy die oond gebruik, veral wanneer klein kinders in die omgewing is. Hou altyd jou kinders dop wanneer hulle jou help bak.

    Benodigdhede

    • Mengbak
    • menglepel
    • Kleefwerende sproei of bakpapier
    • Bakplaat
    • Vurk
    • afkoelrak
    • Spatel
    • Vakuum opbergbak

    Artikels oor die onderwerp "Maak taai sjokoladekoekies"
    Оцените, пожалуйста статью