Kry vlekke uit 'n wit beker

Word jou wit bekers verkleur deur koffie- en teevlekke? Hierdie vlekke kan besonder hardnekkig en moeilik wees om te verwyder, veral as hulle oor `n lang tydperk opbou en regtig in die materiaal intrek. Daar is egter verskeie kommersieel beskikbare skoonmakers en tuisgemaakte produkte wat jy kan gebruik om die vlekke te verwyder. Dit verg dalk `n bietjie krag en moeite, maar jy kan jou wit bekers weer stralend wit maak.

Trappe

Metode 1 van 2: Gebruik bekende huishoudelike produkte

Prent getiteld Kry vlekke uit wit bekers Stap 1
1. Skrop met koeksoda. Maak `n dik pasta van koeksoda en `n bietjie water. Wend die pasta op die vlekke aan en skrop met ’n skropborsel of spons.
  • Spoel die pasta uit die beker en herhaal indien nodig. ’n Nuwe laag pasta moet dieper die vlekke binnedring.
  • Koeksoda bied die regte hoeveelheid wrywing om ligte vlekke te verwyder.
Prent getiteld Kry vlekke uit wit bekers Stap 2
2. Gebruik asyn. Dit is `n meer eko-vriendelike metode wat nie vereis dat jy bleikmiddel of skottelgoedseep gebruik nie. Verhit 250 ml asyn oor medium hitte totdat die asyn warm is. Week die beker vir vier uur of oornag in die warm asyn.
Prent getiteld Kry vlekke uit wit bekers Stap 3
3. Skrop die beker met sout. Maak die binnekant van die beker nat met bietjie water. Voeg ongeveer `n eetlepel sout by en skrop die beker totdat dit skoon is. Die sout dien eenvoudig as `n sagte skuurmiddel wat in die vlekke intrek en dit verwyder.
  • Jy kan ook `n suurlemoenskil gebruik om die sout in die beker te vryf. Sout is `n skuurmiddel, maar suurlemoenskil het bleik-eienskappe en help om die vlekke te verwyder.
  • Prent getiteld Kry vlekke uit wit bekers Stap 4
    4. Gebruik `n kunsgebitskoonmaaktablet. Gooi warm water en `n kunsgebitskoonmaaktablet in die beker. Die tablet moet bruis en oplos en alle vlekke op dieselfde tyd uit die beker verwyder.
  • Spoel die beker uit wanneer dit ophou bruis.
  • Metode 2 van 2: Gebruik skoonmakers wat in die winkel gekoop is

    Prent getiteld Kry vlekke uit wit bekers Stap 5
    1. Week die beker in `n bleikmiddelmengsel. Gooi vier liter warm water en `n eetlepel bleikmiddel in `n groot bak. Week die beker totdat die vlekke weg is. Dit behoort `n uur te neem om te oornag.
    • Jy kan ook die beker met `n skuursponsie skrop totdat dit skoon is.
    • ’n Bleikmiddelmengsel van hierdie sterkte word ook gebruik om plate te ontsmet. As die vlekke nie verdwyn nie, maak die mengsel sterker maar maak seker jy spoel jou beker baie goed daarna.
    Prent getiteld Kry vlekke uit wit bekers Stap 6
    2. Gebruik `n wonderspons. Maak `n wonderspons bietjie nat en vryf dit oor die droë beker. Maak sirkelbewegings en pas matige druk toe.
  • Spoel die beker deeglik na skoonmaak. Natuurlik wil jy nie oorblyfsels van wonderspons inneem nie.
  • Prent getiteld Kry vlekke uit wit bekers Stap 7
    3. Gebruik skuurpoeier. Produkte soos Vim en Cif kan baie goed werk om erdeware-breekware skoon te maak. Jy meng gewoonlik hierdie produkte met `n klein hoeveelheid water en vryf die oppervlak met `n lap of spons.
  • Wees egter versigtig met hierdie produkte, want hulle kan oorskuur en krap. Om dit te vermy, toets die produk aan die onderkant van die beker voordat jy die res van die beker daarmee behandel.
  • Jy kan ook `n hoë-gehalte vlekverwyderaar soos Vanish Oxi Action gebruik. Sit die skoonmaker in `n beker met warm water en laat die beker week totdat die vlekke verdwyn. Spoel die beker daarna deeglik uit.
  • Prent getiteld Kry vlekke uit wit bekers Stap 8
    4. Gebruik `n professionele espressomasjienskoonmaker. Dit kos dalk meer geld as wat jy wil spandeer, maar as jy regtig jou wit beker skoon wil kry, koop hierdie skoonmaker by die winkel. ’n Espressomasjienskoonmaker is spesiaal geformuleer om koffievlekke te verwyder.
  • Soos met alle skoonmakers wat in die winkel gekoop word, is dit belangrik om hierdie oplossing heeltemal uit die beker te spoel voordat dit weer gedrink word.
  • Wenke

    • Hierdie metodes werk ook goed om vlekke van koffiemakers, toonbanke en ander oppervlaktes te verwyder.

    Waarskuwings

    • Maak seker jy spoel die beker daarna uit, watter skoonmaakmiddel jy ook al gebruik het. Dit is veral belangrik as jy `n skoonmaker wat in die winkel gekoop is, soos bleikmiddel, gebruik het. Dit verhoed dat jy jouself per ongeluk vergiftig.

    Оцените, пожалуйста статью