Skryf 'n boodskap met onsigbare ink

Wil jy jou wagwoord neerskryf sodat niemand dit kan sien nie, of wil jy vir iemand `n geheime boodskap stuur? Om te weet hoe om `n boodskap in onsigbare ink te skryf, sal jou in `n japtrap in `n geheime agent verander.

Trappe

Metode 1 van 4: Metode een: Maak onsigbare ink met suurlemoensap

Skryf `n boodskap met onsigbare ink
1. Druk die sap van `n halwe suurlemoen in `n bak uit.
2. Voeg `n paar druppels water by. Roer die sap en water met `n lepel.
3. Doop ’n watte depper in die suurlemoensapmengsel en skryf ’n boodskap op ’n stuk wit papier. `n Veerpen, tandestokkie, vulpen, verfkwas of kalligrafiepen werk ook in die plek van `n watte depper.
4. Laat die onsigbare ink droog word. Soos die ink droog word, sal jou boodskap verdwyn.
5. Hou die papier met die onsigbare boodskap voor `n gloeilamp. Hou die papier by die lamp vas totdat die boodskap weer verskyn.

Metode 2 van 4: Metode twee: Maak onsigbare ink met koeksoda

1. Meng 1/4 koppie (60 ml) koeksoda met 1/4 koppie (60 ml) water in `n klein bakkie met `n klitser of lepel.
2. Doop ’n watte depper in die koeksoda en watermengsel. Gebruik die watte depper om `n boodskap op `n wit stuk papier te skryf.
3. Wag vir die ink om droog te word.
4. Doop `n kwas in `n bietjie druiwesapkonsentraat. Verf die druiwesap oor jou boodskap en wag vir die boodskap om te verskyn.

Metode 3 van 4: Metode drie: Skryf `n onsigbare boodskap met melk

1. Doop `n watte depper in `n vlak bak melk.
2. Gebruik die watte depper om `n boodskap op `n wit stuk papier te skryf. Laat die melk droog word.
3. Plaas die papier oor `n gloeilamp. Die melk sal stadiger verhit as die papier, wat veroorsaak dat die boodskap weer verskyn.

Metode 4 van 4: Metode vier: Skryf `n onsigbare boodskap met wit kryt

1. Gebruik `n wit stukkie kryt om `n boodskap op `n wit stuk papier te skryf.
2. Verf oor die boodskap met waterverf en `n kwas. Die boodskap sal weer verskyn.

Wenke

  • As jy nie wit kryt het nie, kan jy ook `n wit kers gebruik om jou onsigbare boodskap te skryf. Verf dan die boodskap met waterverf oor, net soos met kryt.
  • Jy hoef nie met die krytmetode daaroor te verf nie. Neem die papier en hou dit effens skuins naby `n venster met daglig. Dit is nie baie sigbaar nie, maar jy kan dit lees en dit is baie makliker.
  • Om `n boodskap met suurlemoensap of melk te lees, kan jy ook die papier onder `n stuk lap plaas en dit stryk om jou boodskap te openbaar. Jy kan ook die papier in die oond sit vir `n paar minute by 177 grade Celsius, totdat die boodskap verskyn.

Waarskuwings

  • Wees versigtig om nie `n vuur te maak of jouself te verbrand wanneer jy jou boodskap verhit nie.

Benodigdhede

  • Suurlemoensap
  • Water
  • klein bakkie
  • Lepel
  • Watte depper, tandestokkie of verfkwas
  • wit papier
  • gloeilamp
  • koeksoda
  • klits
  • Kwas
  • Druiwesap konsentraat
  • Melk
  • wit kryt
  • Waterverf

Оцените, пожалуйста статью